언어/시사 아프리칸스어

Suid-Afrikaanse verbruikers draai l meer hul sente om

africa club 2002. 4. 17. 08:51

Suid-Afrikaanse verbruikers draai  l meer hul sente om


Rapport 14 April 2002 13/04/2002 05:13 PM - (SA)
Nan Eyles



Die verswakte rand, ho r rentekoerse en voortdurende stygings in die petrolprys is almal faktore wat besig is om by te dra tot 'n vermindering in besteding onder Suid-Afrikaanse verbruikers.
Enige belastingverligting of moontlike salarisverhogings word vinnig deur stygende lewenskoste opgevreet.
'n Onlangse studie deur die navorsingsmaatskappy Research Surveys toon dat mense van alle rassegroepe en beroepe die druk begin voel en hul sente tel.
Die studie is onder 2 000 mense in die sewe hoofmetropole - Gauteng, Durban, Kaapstad, Oos-Londen, Port Elizabeth, Bloemfontein en Pietermaritzburg - gedoen.
Dit is veral onder werkende volwassenes, mense in die laerinkomstegroepe en mense met kinders by die huis waar die druk die swaarste gevoel word.
Luidens die verslag is klere en vermaak die eerste verbruikersitems wat gaan deurloop.
Altesame 43% van alle volwassenes s  hulle gaan minder aan klere bestee terwyl 41% minder gaan uiteet en 38% minder aan rolprente gaan bestee. Wit volwassenes sal egter nie soveel op klere bespaar nie, maar eerder op vermaak. Die helfte s  hulle gaan minder uiteet terwyl 38% minder aan rolprente sal bestee.
Altesame 26% van alle deelnemers het ges  hulle gaan volgende hul krediet- of huurkoopbesteding besnoei.
Indi rs gaan die meeste hierop bespaar met 35% terwyl 31% van wittes, 24% van swartes en 21% van bruines hierop gaan bespaar.
Besteding aan kosmetiese produkte sal met 21% besnoei word terwyl 24% van deelnemers minder aan ander skoonheids- en haarsorgprodukte sal bestee.
Mans sal ook minder aan di  soort produkte bestee.
Altesame 15% het ges  hulle sal minder aan kosmetiese produkte bestee terwyl 14% minder aan ander skoonheids- en haarsorgprodukte sal bestee.
Noodsaaklike produkte soos kruideniersware en elektrisiteit gaan ook deurloop.
Een uit elke vyf deelnemers gaan minder kruideniersware koop terwyl 15% sal probeer om hul elektrisiteitsgebruik te verminder.
Veral onder wit Suid-Afrikaners sal daar minder aan luukshede soos M-Net, DStv en selfone bestee word.
Die volgende is die vyf topitems waaraan die verskillende rassegroepe in die toekoms minder sal bestee luidens Research Surveys se verslag:
Wit mense: uiteet (50% van deelnemers s   hulle  sal hierop bespaar); selfoon-uitgawes (40%); rolprente (38%); klere (36%); en krediet- of huurkoopbesteding (31%).
Swart mense: klere (45%); uiteet (38%); rolprente (34%); krediet- of huurkoopbesteding (24%); en skoonheids- en haarsorgprodukte (24%).
Indi rs: klere   (48%);   uiteet (35%); skoonheids- en haarsorgprodukte (29%); kosmetiese middels (27%); en rolprente (27%).
Bruin mense: uiteet (46%); klere (41%); rolprente (41%); selfoonuitgawes (40%); en oproepe van Telkom-telefone (37%).
Statistieke Suid-Afrika doen ook elke vyf jaar navorsing oor die inkomste en uitgawes van Suid-Afrikaanse huishoudings om so die verdienste- en bestedingspatrone van huishoudings oor die algemeen vas te stel.
Die nuutste verslag, vir 2000, toon dat huishoudings 0,53% meer aan goedere en 0,53% minder aan dienste per R100 bestee as in 1995.
Aan kos word 3,74% meer bestee as vyf jaar gelede - van 21,92% tot 25,66%. Aan klere en skoene word 1,64% minder bestee (van 5,70% tot 4,06%).
Daar word ook minder aan behuising bestee - 1,17% minder van 12,74% vyf jaar gelede tot 11,57%. Aan mediese sorg word daar 1,16% meer bestee van 6,54% tot 7,7%. Aan onderwys word daar 1,72% meer bestee van 2,05% tot 3,77%.
Die 2000-studie het besteding aan goed soos selfone, dobbel, die internet en private veiligheid ingesluit wat nie in die 1995-studie gedek is nie.
Daar is gevind dat alle inkomstegroepe minder as 1% aan dobbel bestee. Die hoogste is die middelinkomstegroep teen 0,26%.
Slegs die ho - en baieho -inkomstegroepe bestee geld aan die internet met 0,01% en 0,08% onderskeidelik.
Wat besteding aan selfone betref, is die persentasie in alle inkomstegroepe minder as 1%.

해석
남아공의 소비자들은 돈을 쓰는데 아주 숙고한다.  

약한 랜드, 높은 이자율, 그리고 계속적인 기름값의 상승은 남아공의 소비자들의 지출을 감소시키는데 기여하고 있다.

어떠한 세금경감 또는 가능한 급여증가는 증가하는 생계비용을 빠르게 잠식하고 있다.

Research Surveys를 통하여 이루어진 최근의 연구는 모든 인종집단과 직업을 가진 사람들이 돈을 아껴야 한다는 압력을 받고 있다.

이 연구는 하우텡, 더반, 케이프 타운, 이스트 런던, 포트 엘리자베스, 블룸폰테인, 그리고 페터마리츠버그등 7개의 도시에서 약 2000명에게 설문조사를 하여 이루어졌다.

이러한 상황은 주로 노동에 종사하는 성인, 수입이 낮은 집단에 속한 사람들, 그리고 가정에 아이를 가지고 있는 사람들이 더 압박을 받고 있다.


단어 및 숙어
Belasting/verligting (-s) : s.nw. 세금 경감(tax relief)
Beroep (-e) : s.nw. 직업(profession)
Besteding (-s) : s.nw. 지출, 소비(spending, expenditure)
By die huis : 집에서(at home)
Bydra (-ge-): ww. 공헌하다, 기여하다(contribute)
draai(-e) : 전환, 방향전환(turn, twist). (ge-) : 돌리다, 뒤집다, 감다(turn, role, wind)
e.g.) Hulle draai hul sente om : 그들은 돈을 쓰는데 아주 숙고한다(They are very careful before spending money)
Druk : s.nw. 압력, 고난(pressure)
e.g.) Om die druk te voel : 압력을 느끼다(to feel the pressure)
enig(-e) : 유일한(only, any)
Factor (-e) : s.nw. 요소, 요인(factor)
Hoof/metropool (-pole) : s.nw. 주요 도시(main metropoles (cities))
Hoog(ho r, hoogste) : 높은(high  higher  highest)
hul : 그들(they) = hulle
Hul sente tel : 그들의 센트를 세다(to count their cents, i.e. not to spend money easily) ; 돈을 아끼다.
Laer/inkomste/groep (-e) : s.nw. 수입이 낮은 집단(lower income group)
Lewens/koste : s.nw. 생계비용(cost of living)
Moontlik (-e) : b.nw 가능한(possible)
Navorsings/maatskappy (-e) : s.nw. 연구회사(research company)
Onlangs (-e) : b.nw. 최근의(recent)
Op(-ge-)vreet : ww. 게걸스럽게 먹다, 탐식하다(devour)
Petrol/prys (-e) : s.nw. 기름값(fuel price)
Rasse/groep (-e) : s.nw. 인종집단(racial group)
Rente/koers (-e) : s.nw. 이자율(interest rate)
Salaris/verhoging (-s) : s.nw. 급여 증가(salary increase)
Sent (-e) : s.nw. 센트(cent)
Studie (-s) : s.nw. 연구, 공부(study)
Stygend (-e) : b.nw. 오르는, 증가하는(rising, increasing)
Styging (-s) : s.nw. 오름, 상승(rise, increase)
Swaar(swaarder, swaarste) : 무거운(heavy  heavier  heaviest)
Toon (ge-) : ww. 지적하다, 보여주다(indicate, show)
Veral : bw. 주로, 특히(Mainly, particularly)
Verbruiker (-s) : s.nw. 소비자(consumer)
Vermindering (-s) : s.nw. 감소하다(decrease, decline)
Verswak : ww. 약화되다(Weaken)
Verswakte : b.nw. 약한(weakened)
Voel (ge-) : ww. 느끼다(Feel)
Volwassene (-e) : s.nw. 성인, 어른(adult)
Voortdurend (-e) : b.nw. 계속적인(continuous)
Werkend (-e) : b.nw. 일하는, 노동에 종사하는(working)